GRAAFF-REINET NUUS - Deon de Vos, burgemeester van die Dr Beyers Naudé-munisipaliteit, het onlangs 'n verwelkomingsboodskap aan alle besoekers tot Graaff-Reinet uitgereik.
Dit lui as volg:
"Graag verwelkom ek almal regoor die land wat Graaff-Reinet tydens die feestydperk besoek en wens hulle 'n gasvrye en genotvolle tydjie in ons pragtige dorp.
Graaff-Reinet, die juweel van die Karoo, is 'n pragtige vakansie bestemming, met 'n unieke aura wat jy nêrens elders in Suid Afrika kry nie.
Uniek in die sin dat Graaff-Reinet nie met enige ander dorp vergelyk kan word ten opsigte van ons Vallei van Verlatenheid, 220 erfenisterreine en die Camdeboo Nasionale Park wat dit omring nie.
Namens die Dr Beyers Naudé-munisipaliteit wil ek graag alle besoekers van regoor die land en die buiteland verwelkom gedurende dié feesseisoen.
Die dorp word gekenmerk aan sy geskiedenis, ligging, infrastruktuur en gasvryheid, en ek hoop dat almal wat van die dorp se uitstekende oornagfasiliteite, restaurante en museums gebruik maak, dit werklik sal geniet."
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'